Gebruikers

Alhoewel GNOME baie gebruikersvriendelik is, is dit 'n groot en komplekse stelsel, en benodig dus bietjie leerwerk om die meeste daaruit te put. Om dit makliker te maak, verskaf ons nuttige dokumentasie.

Ontwikkelaars

Vir die wat ontwikkel of belangstel in die ontwikkeling van GNOME of programme vir GNOME. Hier is ontwikkelingsdokumentasie en inligting oor hoe om betrokke te raak en nogwat.


Administrateurs

Regoor die wêreld word GNOME ontplooi, in opsette klein en groot, elk met spesifieke behoeftes en stelseladministrateurs om dit te bestuur. Hier vind mens inligting aangaande gereedskap en metodes om met klomp GNOME-rekenaars te werk.